Lewe Leer Trots

Sedert 1874
Die oorspronklike skool wat in 1900 gebou is.

Volgens kerkrekords dui dit egter daarop dat ene mnr. P.J. van Santan skoolhoof was van ‘n redelike groot en bloeiende skool met ‘n leerlingtal van meer as 100.

Die eerste publieke skool is egter eers op 6 April 1874 met 34 leerlinge deur die Departement van Onderwys geopen. Mnr. D.J.Krige was hoof van hierdie skool. Skoolgeld is vasgestel op 2/6 (25 sent) per kind per maand vir diegene wat dit kan bekostig.

Uit hierdie tyd dateer die alombekende skoolbasaar. Die eerste basaar het R69.60 opgelewer.

Aangesien geen skoolgebou nog beskikbaar was nie, het die kerkraad die konsistorie van die hulkerk (tans die museum) beskikbaaar gestel. In Desember 1874 was die leerlingtal reeds 49.

Die gebrek aan ‘n skoolgebou was ‘n wesentlike problem en in 1884 het die kerkraad ‘n erf aan die skoolkommissie geskenk. Die skoolseuns het dadelik begin met die uitgrawe van die fondasie. Almal het hulp verleen en in April 1885 was die gebou klaar. Die nuwe skoolgebou was langs die hulpkerk en is later verkoop.

Nadat mnr. Krige met ‘n plaaslike dame, mej. Maria Walters getroud is, het hulle twee ‘n kosinrigting geopen waar kinders van so ver as Calvinia en Fraserburg gehuisves is.

Hierdie inrigting was op die destydse plaas Twist of Hugemont ( tans eiendom van mnr. Minnie). Teen 1898 was die bestaand skoolgebou reeds weer te klein en op 19 September 1899 het die Onderwysdepartement ingewillig om ‘n nuwe gebou op te rig. Die nuwe skoolgebou is op die huidige perseel opgerig en in September 1900 ingewy...

Gedurende hierdie jare is kinders voorberei vir die Elementȇre- , Skoolhoёr- en 1 e, 2e en 3e jaar Onderwyseksamens, oftewel Teachers T, soos dit toe bekend gestaan het . Mnr. Krige het in September 1905 met pensioen afgetree en is in Januarie 1906 oorlede.

Hierna is mnr. A.Stadion, ‘n seun van die gemeente, as hoof-onderwyser na Riebeek Kasteel beroep. In 1907 het mnr. Stadion vier candidate met groot welslae vir die matriekulasie-eksamen ingeskryf. Dit was ook die enigste geleentheid waarop kinders vir die matriekulasie – eksamen ingeskryf was. Mnr. Stadion het in 1908 ‘n hoofskap op Piketberg aanvaar en is deur mnr. J. Frylinck opgevolg.

Mnr. Frylinck was op sy beurt ook vir vier jaar hoof van die skool op Riebeek Kasteel. Mnr. Frylinck het steeds die hoё standaarde wat deur sy voorgangers gestel is, gehandhaaf en die uitslae van die eksamens was deurgaans bevredigend. Hy het in April 1912 Riebeek – Kasteel verlaat en is deur mnr. A.Pauw opgevolg.

Mnr. A.Pauw is in April 1912 as prinsipaal van die Riebeek-Kasteel A2 Skool aangestel. Gedurende sy dertig jaar dienstyd alhier, het honderde kinders die skool besoek en was dit nodig om die gebou te vergroot. Die Sekondȇre skool hier was ‘n seёn vir ‘n groot aantal van die minder gegoede ouers wie se kinders anders die voorreg van sekondȇre onderrig sou moes mis.

Die gebrek aan ‘n koshuis was van vroeg af ‘n groot leemte in die gemeente. Die privaatwoning van mnr. En mev. P. Euvrard het later privaatwoning te Huguemont vir kosgangers beskikbaar gestel vir kinders teen ‘n baie lae tarief gehuisves – soms meer as dertig in ‘n huis wat nie daarvoor ingerig was nie.

In 1942 word mnr.Pauw deur mnr. J.J. Esterhuysen opgevolg. Mnr. Esterhuysen en mnr. Koos van der Merwe van die plaas Swartdam het in 1945 die kerkraad ontmoet in verband met die oprigting van ‘n volwaardige skoolkoshuis. Die kerkraad was hul versoek goedgesind en nadat die kerkraad ‘n lening aangegaan het , is die huidige koshuis in 1948 gebou. Die koshuis is in 1949 in gebruik geneem met mnr. en mev. P. Euvrard as die eerste huisouers en 55 leerlinge en vier onderwysers as kosgangers.

Mnr.Esterhuysen se ywer, werkkrag en betrokkenheid by gemeente-en gemeenskapsbelange het hom spoedig ‘n plek in die samelewing besorg. Hy het op verskillende verenigings se besture gedien en was by geleentheid ook voorsitter van die dorpsbestuur. In sy tyd het die skool ‘n skoollied en skooldrag gekry.

Mnr. Esterhuysen het in1967 hier afgetree en is op 16 April 1978 hier oorlede. Sy gade, tannie Blommetjie Essie, soos sy op die dorp aan een en almal bekend is, is nog steeds ‘n gewaardeerde en ywerige lid van die gemeenskap en sien nog vir baie dinge kans.

As gevolg van die skerp daling van getalle in plattelandse skole, het die Onderwysdepartement besluit om die skool van ‘n middelbare skool na ‘n laerskool te degradeer. Mnr. L.J. Verreyne is in Januarie 1968 as hoof hier aangestel. In sy tyd is die planne vir die huidige skool wat in mnr. Esterhuysen se termyn goedgekeur is, gefinaliseer. Mnr. Verreyne het na twee jaar vertrek en mnr. F.C. Rust het sy plek ingeneem.

Die aardbewing van September 1969 het die ou skoolgebou baie laat kraak en bars. ‘n Moeilike tyd het vir die skoolhoof gewag. Daar is ‘n begin gemaak met die afbreek van die ou skool en tog moes die skoolwerk ook voortgaan. Die nuwe skool is amptelik op 27 Oktober 1972 ingewy. Intussen het die skool ‘n voetbalveld en atletiekbaan gekry en spog hulle ook met ‘n pawiljoen en kiosk by die voetbalveld.

Mnr. F.C. Rust het aan die einde van 1988 die hoofskap van die skool neergelȇ en hom in die Strand gaan vestig. Hy is deur mnr. K.G.Kock opgevolg.

Mnr. D.J. Krige

Mnr. D.J. Krige

1874 - 1905

Mnr. L.J. Verreynne

Mnr. L.J. Verreynne

1968 - 1969

Mnr. K.G. Kock

Mnr. K.G. Kock

1989 -

Mnr. F.C. Rust

Mnr. F.C. Rust

1970 - 1988

Mnr. A. Stadion

Mnr. A. Stadion

1905 - 1908

Opgevolg deur

Mnr. J. Frylinck

1908 – 1911
Mnr. A. Pauw

Mnr. A. Pauw

1912 - 1942

Mnr. J.J. Esterhuysen

Mnr. J.J. Esterhuysen

1942 - 1967

So kry ons eie sportvelde sy naam

Die nuwe pawiljoen en kiosk van die Fanie du Toit Sportterrein.

Riebeek-Kasteel Vandag

‘n Unieke gesig in die wêreld, die standbeeld van die rooi Afrikaner trekos agter die seinkanon op Riebeek Kasteel se dorsplein.

Ons Skoollied

Woorde en Musiek deur M.L. de Villiers