150 BESTAANSJARE VIERINGE het behoorlik gesorg vir vele pret en plesier! ‘n Week terug het oud-Kastelers, oud-onnies en vele meer, heerlik saam met mekaar gekuier! Die Vrydagaand was afgeskop met ‘n optog deur die strate van Kasteel en daarna was dit tyd vir ons Kastelers om mooi te maak vir Mnr en Mej Kasteel. Terwyl die 50 leerders voor almal verskyn het, het die kuiergaste vreeslik lekker saam met mekaar gebraai om die rugbyveld en opgevang op ou staaltjies!
Ons wil graag vir Elsje-Mari van Zyl vreeslik dankie sê vir al haar tyd, moeite en opoffering tydens die afgelope jaar om te sorg vir EEN GROOT SUKSESVOLLE NAWEEK! Sonder jou hulp en bereidwilligheid sou dit nooit kon plaasgevind het nie!