LEWE LEER TROTS
Welkom by Laerskool Riebeek KasteelSKOOLTYE
Gr.1&2 Maandae – Donderdae: 07:30-13:30
Vrydae :07:30-13:15
Gr.3&7 Maandae – Donderdae : 07:30 – 14:00
Vrydae: 07:30 – 13:15
Kontak Ons
Laerskool Riebeek Kasteel
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za
By Riebeek Skep ons vertroue om te glo, waag en wen
Die Laerskool Riebeek Kasteel is geleë in die hartjie van die pragtige Boland aan die voet van Kasteelberg. Dit is reeds die vriendelike mense, waaronder die bekwame en passievolle personeel van die skool, wat bydra tot die tasbare uitlewing van ons skool se leuse “Help Mekaar”.
Hier is elke kind ‘n individu met besonderse potensiaal wat hom/haar kan uitleef, ontdek en die ware essensie van menswees aanleer. Die skool beskik oor 200 leerders en is individuele aandag en persoonlike bemoeienis ‘n prioriteit.
Laerskool Riebeek Kasteel, Help Mekaar
By Laerskool Riebeek Kasteel fokus ons op die vestiging van ‘n positiewe gesindheid binne ‘n waarde-kultuur waar respek, trots, lojaliteit, verantwoordelikheid , pligsgetrouheid en eerlikheid beklemtoon word. Dit is hier waar die skool se tradisie en prestasie bydra tot ons fokus op die huidige en die toekoms.
Hier word ‘n ruimte vir klein en groot geskep om te glo, te waag en te wen. Ons is in 2017 gerig op die spreuke “The past, with the present for the future”.
Laerskool Riebeek Kasteel
Hier word balans gehandhaaf in akademie, sport, kultuur en geestelike belewenis, bydraend tot die ontwikkeling van leerders vir hulle totaliteit. Moderne fasiliteite, akademiese uitnemendheid en puik afrigting bied die geleentheid aan laerskoolleerders tot die ontdekking van ‘n toekoms met aantreklike en uitdagende groeigeleenthede.

Fotos & Kalender
LRK Gholfdag 17 Oktober 2025
Moet nie hierdie geleentheid misloop nie. Skryf jou 4-bal in en kom geniet die dag saam ons.
150 Jaarblad
Met trots bied ons die spesiale 150-jaar jaarblad aan. 'n Kosbare herhinnering aan 'n eeu en 'n half se tradisie, prestasie en...
Redenaar wenners 2025
🎉 Baie geluk aan ons Redenaarswenners! 🎉 Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle wat deelgeneem het. Julle harde werk en...
Akademiese balkies kwartaal 3
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Hou so aan! Julle verdien hierdie erkenning.
Akademiese Balkies kwartaal 2
Baie geluk aan elkeen van julle met jul harde werk en toewyding. Julle verdien die erkenning!
LRK Sportdag 17 Mei 2025
Wat ’n wonderlike dag vol sport, spanwerk en gees! Dit was so lekker om Saterdag verskeie skole by ons te hê vir ‘n dag van...
Leerders
Terrein Personeel
Onderwysers
Koshuis Personeel
Kontak Ons
Adres: Hoofstraat 37, Riebeek Kasteel, 7307
Kontak Nommer: +27 (0)22 448 1228
Epos Adres: admin@rkls.co.za